Weer kan ek my geluk nie glo nie – vir ‘n derde keer in ‘n ry het Spectacle World my “uitgekit” met “trendy” en die mooiste, stylvolle brille – spesiaal uitgesoek deur hul direkteur en oogkundige, Adele Camerana om my gesigtipe te pas. Teen die tyd weet sy al goed wat by my sal goed lyk en waarvan ek hou.
Met die instap lê ‘n klompie brille reeds gereed op die tafel in die stileerkamer: ek pas op en oe, die een brilraam so mooi soos die ander en almal pas my perfek. Dis moeilik om te kies. Adele is so vrygewig, want ek kan die keer VIER brille kies. Op die ou einde val my keuse op ‘n bonkige Versace, ‘n fyn “tortoise shell” Julia Baker en ‘n pragtige oorgroot groen en ‘n effense “cat eye tortoise shell” bril uit Adele se eie unieke brilreeks, UniqueME. Na ‘n vinnige oogtoets is ek fort, superopgewonde oor die pragtige reeks brille wat saam met die nuwe jaar sommer nuwe lewe in my voorkoms sal bring. Na net twee weke kom die SMS deur ek my brille kan gaan afhaal. My hart bokspring van opgewondenheid en ek laat nie op my wag nie en ry sommer dadelik die middag deur. Die brille pas perfek, maar tog, as ek enige verstellings wil laat maak, kan ek enige tyd weer inloer.
By die huis staan die brildosies op ‘n ry op my spieëlkas, en telkens “chop ‘n change” ek as ek die kamer inloop. Ek kan nie eintlik besluit waarvan hou ek die meeste nie en die komplimente wat elkeen ontlok, hou net nie op nie. Met die stylvolle brille wat soveel aandag trek, is grimering amper nie eens nodig nie, maar ek vol opnuut weer lus om wel ‘n slaggie ordentlik te grimeer en mooi aan te trek, maak nie saak of ek nou net mall toe ry nie.
So ja, sonder omhaal trek ek my kruisie by Spectacle World, nie net vir stylvolle brilrame nie, maar kwaliteit Zeiss-lense en uitstekende, vriendelike diens. Hul doen hul slogan: EYE CARE, WE CARE, uit en uit gestand.
Dankie Adele en jou span vir wat julle aan my menswees doen. Julle is werklik super. Later gaan ek nog bietjie meer uitbrei oor elke brilraam en ook bietjie meer vertel oor ooggesondheid.
